|
Die hoofdoel van die Stellenbosch Erfenistrust is om fondse in te samel, te investeer en te administreer vir die onderhoud, restourasie en bewaring van die elf historiese geboue in sy besit. Die vyf geboue wat nie deur
die Stellenbosch Museum
benut word nie word deur die Stellenbosch Erfenistrust op kommersiële terme verhuur. Enige jaarlikse surplus, na voldoende voorsiening vir bedryfskostes, kapitaalspandering en toekomstige gebeurlikhede gemaak is, kan
in die Raad van Trustees se diskresie aan die
Stellenbosch Museum toegedeel word. |