|
Die grond waarop Grosvenorhuis staan, is in 1781 aan Christiaan Ludolph Neethling toegeken wat 'n jaar later 'n dubbelverdiepinghuis op die erf opgerig het. 'n Aangrensende stuk grond is ook in 1782 aan Neethling toegeken. Na Neethling se dood is albei erwe oorgedra aan Fredrich
Gotthold Holzapfel, wie se weduwee dit in 1798 aan Rynhard Perreyn, 'n immigrant uit Nederland, verkoop het. Die lewenstyl in Stellenbosch gedurende die bewind van die Bataafse Republiek (1802 - 1806) en die eeßrste jare van die Britse regering (1806 - 1834) word in Grosvenor House
weerspieël.
Om verder te lees, kliek hier
|