|
Die geskiedenis van hierdie eiendom kan tot die laat 17de eeu nagespoor word, toe die grond waarop Erfurthuis staan, nog deel was van die plaas wat in 1683 aan Harmen Jansz Potgieter toegeken is.
Johan Marthinus (Jan) Beyers het in 1876 die imponerende dubbelverdieping woning gebou met die manjefieke hout- en smeeysterbalkon wat alle kante van die huis omspan. Die naam Erfurthuis is daarna gegee ter herinnering aan die dorp Erfurt in Duitsland, die geboorteplek van die
stamvader van die Beyersfamilie in Suid-Afrika.
Om verder te lees, kliek hier
|