Afrikaans | English << terug <<    
 
 

Collins Cottage was vroeër 'n buitegebou van die naasliggende Grosvenorhuis. William Collins van Bath in Engeland het die eiendom in 1876 gekoop en tot 1941 het dit in die besit van sy weduwee, Margaret Collins, gebly. Die Collins-gesin het die gebou Grosvenorhuis genoem en dit in 'n gastehuis omskep. In ongeveer 1896 is meer losiesruimte verkry toe die buitegebou agtertoe verleng is. Die Stellenbosch Museum het op 23 Maart 1962 met Grosvenorhuis as die eerste amptelike Museumgebou tot stand gekom. Gedurende 1965 is die buitegebou (Collins Cottage) in twee verdeel. Die westelike deel is as woning vir die kurator van die Stellenbosch Museum ingerig en die oostelike deel as galery. Tans word Collin’s Cottage in sy geheel uitverhuur.

 
 
 
   
   
wie is ons?  ons doel  ons eiendomme  die trustees  kontak ons design • www.gstudio.co.za