Afrikaans | English << terug <<    
 
 

Heinrich Ludwig Bletterman, 'n  boorling van Sonderhausen in Duitsland, het in 1741 as werknemer van die VOC (Vereenigde Oost-Indische Compagnie) in die Kaap geland. In 1742 trou hy met Elsabe Bergstedt, en dien as landdros van Stellenbosch vir tien jaar (1785 - 1795).  Bletterman was die laaste landdros op Stellenbosch wat onder die eerste Nederlandse kolonisasie aangestel is. Uit protes teen die eerste Britse  besetting van die Kaap (1795 - 1803) bedank Bletterman en moes gevolglik die amptelike landdroswoning, die Drosdy (vandag die Kweekskool), ontruim. Bletterman het egter reeds in 1787 'n nabygeleë erf gekoop waarop hy in 1790 'n huis voltooi het. Bletterman en sy gesin het hulle toe in hierdie huis gevestig, wat vandag as die Blettermanhuis bekend staan.

Om verder te lees, kliek hier

 
 
 
   
   
wie is ons?  ons doel  ons eiendomme  die trustees  kontak ons design • www.gstudio.co.za